December 14, 2015
Op die foto is: Heinrich Kemp (PVM), Walter Fuls (Mzanzi Tents), Louis Coetzee (KWE), Adrie van staden (Beeld-Kinderfonds) , Martin Loots (J H Retief Logistics),Annah Moremela (Centurion Mall), Ricardo Chadinha (PVM)

R 265 000 is met die jaarlikse Spinning marathon ingesamel, wat moontlik gemaak is deur Dischem, Centurion Mall, KWE, PVM, Beeld, Olive Pride, Granor Passi, Manzi Tents, Clover en Multi Media. Ons sê graag baie dankie aan al hierdie borge wat groot bydraes gemaak tot die marathon, om kinders in nood te help.
Ons wil ook dankie sê aan diegene wat die kinderhuiskinders geborg het om deel te neem: CTU, Pick ‘n Pay, Armscor, Acctech Systems, CJA Telekoms en Bertus van Zyl. Ook spesiale dank aan Oom Abie Botha van Orkney wat R 9510 ingesamel het vir sy 10 uur lange deelname aan die Spinning marathon. Sowat 800 mense het aan die Spinning marathon deelgeneem.
Ons erken met dank die wins van die Spinning marathon: R 265 039
Reeds erken:
Reeds erken: 301 568.33
Groottotaal: R 566 607.33
